Local newsNews

Taalfees vier ma’s en dogters

Laerskool Taalfees verstaan die belange van ’n sterk band tussen ma en dogter.

Laerskool Taalfees het verlede naweek ma’s en dogters gevier.

Op Saterdag, 28 Oktober was die gaste almal in pienk geklee en omring deur pienk versierings vir die skool se amptelike ma-en-dogter-dag.

Zinhle en Mpilo Nkahabela.

Mammas en dogters was almal hartlik uitgenooi na die spesiale dag om die verhouding tussen ma en dogter op te bou.

Marieta Jordaan, ’n voormalige top 10 finalis in die Mev. Suid-Afrika 2022 kompetisie, het as gasspreker opgetree.

Ronel en Shantuné Minnaar.

Sy het met die gaste gesels oor die belangrikheid van die band tussen ma en dogter, dat ’n moeder na haarself moet kyk en haar drome moet volg en dat ma’s en dogters bietjie kwaliteit tyd saam kan spandeer.

Die skool se leerlingraad het die dag geopen wat opgevolg is deur ’n danspassie, uitgevoer deur leerders van die skool.

Eunice en Bokamoso Seepe.

Daar was ook op die rugbyveld ’n ‘amazing race’ baan waar ma en dogter by vyf verskillende stasies ’n taak moes uitvoer en voltooi.

Die skoolkoor het ook die gaste vermaak met sang.

Lindie van der Merwe, organiseerder en deel van die beheerliggaam het vertel dat die dag net oor ma en dogter gaan.

“Ons het besluit om só dag te reël omdat daar so min tyd is vir ma’s en dogters om saam te spandeer, want die lewe is so gejaagd. Vandag gaan ons ’n lekker gemaklike dag hê; ma en dogter leer mekaar ken,’’ het Lindie gesê.

Marieta Jordaan, gasspreker, het gesê dat dit belangrik is dat mammas hulle drome volg en bietjie meer tyd spandeer aan hulself.

”Ek gesels vandag oor ‘becoming unstoppable’. Dit gaan oor ons as mammas. Ons het soveel hoedjies wat ons moet opsit. ’n Ma het soveel verantwoordelikhede en ons sit ons families eerste en ons is geneig om onsself laaste te sit. Maar ons as mammas het ook drome en aspirasies en ek het gekies verlede jaar om een van my drome te volg. En net hoe ek gegroei het daardeur en wat se verskil dit in my lewe gemaak het, maar ook my familie se lewe. As ek bang was, dan het ek en hulle op dit uitgemis. Dit gaan daaroor om te inspireer en om in jouself te delf en jou drome te volg, want almal is daartoe in staat. Ons is geneig as mammas om skuldig te voel en te dink dit is selfsugtig, maar eintlik is dit selfversorging,” het Marieta vertel.

 

Lana en Nettie Fourie.

Marieta se dogter, Mikhe Jordaan het ook saam kom gesels oor hoe haar ma se prestasies haar geïnspireer het.

 

“My ma gaan my ’n bietjie vrae vra oor hoe ek gevoel het toe sy aan die Mev. Suid-Afrika deelgeneem het. Ek was bly en partykeer hartseer, want sy was nie by die huis nie. Ek het geleer dat jy nie bang moet wees om jou drome te volg nie en dat ander mense jou regte self moet sien en dat jy nie skaam moet wees nie,’’ het Mikhe gesê.

Anne en Mieke Greyling.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button