Local newsNews

Tekkies trap vir borskanker

Dit is belangrik om jou dokter te raadpleeg indien jy voel iets is fout.

Oktober is die maand waar baie instansies klem lê op borskankerbewustheid.

Landi Nel en Sunell Botha.

Op Saterdag, 28 Oktober, het die Bettie Bandana nie-winsgewende organisasie ‘n 4.9 kilometer stap aangebied wat by Ben Fleur Boulevard begin het.

Ina, Anette, Jano en Gerber Labuschagne.

Die doel van die dag was om fondse in te samel vir die organisasie wat ander help wat geraak word deur kanker.

Jeanette Pretorius, Gusta Vorster en Willa Cockeran.

 

“Hierdie jaar het ons meer as dubbel stappers gehad. Ons het 225 mense gehad wat deelgeneem het aan ons ‘Pink Walk’. Ons het net so bietjie oor die R300 000 ingesamel vir Bettie Bandana. Ons is ontsaglik trots daarop en baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het,” het Monica Joao, organiseerder gesê.

 

Tannie Nonnie en Oom Patrick O’Reilly het al die pad van Sasol af gekom om die dag deel te neem.

Terry Worrall en Zoë Devar.

Die paartjie het tans oor ‘n 100 ‘park runs’ saam voltooi.

Hulle vertel dat dit baie belangrik is dat jy moet luister na jou liggaam nadat Oom Patrick drie jaar terug gediagnoseer is met prostaatkanker.

 

“Jy moet luister na jou liggaam. As iets nie reg voel nie of daai stemmetjie in jou kop vertel jou dat daar fout is, om ‘n dokter te gaan sien en sekerheid te kry is baie belangrik,” het Tannie Nonnie verduidelik.

 

Nog ‘n deelnemer, Terry Worrall het ‘n punt daarvan gemaak om die byeenkoms te ondersteun nadat haar ma op die ouderdom van 52 die stryd teen borskanker verloor het.

 

“Dit is belangrik dat jy jou jaarlikse ondersoeke laat doen en jou dokter raadpleeg as iets nie reg voel nie,” het Terry gesê.

 

Jhay Botha, Elmarie Viljoen en Eunice Pieters.
Adel Coetzee en Paula Raat.
Liezl en Neels Grobler.
Nonnie en Patrick O’Reilly.

 

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Back to top button