Local newsNews

Skuts wys hul slag by SAJWV-skietdag

Jonk en oud het die Suid-Afrikaanse Jag- en Wilbewaringsvereniging se skietdag terdeë geniet en veral die nagskiet-aktiwiteit het groot aftrek geniet.

Die bywoning was goed en die skuts se korrel in tydens die Suid-Afrikaanse Jag- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Sebra-tak se skietdag.

Ferdi van der Tas (baanbeampte) saam met Tommy Glover, Daphne en Jurie Greeff maak gereed vir die .22 ghong-skiet aktiwiteit.

Skuts kon hul vernuf ten toon stel in verskeie items, insluitend ’n nagskiet-aktiwiteit op Saterdag, 21 Oktober by Witbank Praktiese Skietklub.

Junior Groepeerskiet-wenner, Nadia Swart (regs) saam met Maryka van der Tas, voorsitter.

Oefen- en pretskiet het deurlopend deur die dag plaasgevind vir klublede, sowel as lede van die publiek. Daar is ook spesiaal voorsiening gemaak vir junior skuts om deel te neem.

Groepeerskiet senior wenner van ’n slagskaap is Christian Swart (links) en Ferdi van der Tas, koördineerder.

Klublede het ook meegeding in die posliga met handwapens op 20m en vlakvark .22 jagwapens of jaghandwapens.

In die Multi-Dissiplinêre Skiet (MDS) kon skuts op drie bane deelneem en die pretskiet-item het 100m ghongskiet (klubwapen), 100m ghongskiet .22 en haelgeweerskiet (valplate) ingesluit.

Met die spesiale nagskiet-aktiwiteit het skuts deelgeneem aan die .22 jakkals, haelgeweer en handwapen items.

In die groepeerskiet-kompetisie het die wenner in die senior kategorie ’n geslagte skaap gewen en die junior wenner ’n R700 Overland geskenkbewys.

Potjiekos-kompetisie wenner (van links): Maryka van der Tas, Ferdi van der Tas en Christian Swart.

Die dag is afgesluit met ’n potjiekos-kompetisie en rugby kyk op die groot skerm.

 

“Baie dankie aan al die skuts en ondersteuners wat die dag saam met ons kom geniet het by ons tweede byeenkoms hierdie jaar,” het Maryka van der Tas, organiseerder, gesê.

 

Enige belangstellendes kan Maryka skakel by 082 399 4338.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button