Local newsNews

Edenpark-inwoners help met water

Druppel vir drupel maak inwoners van Edenpark ’n verskil.

Inwoners van Edenpark Aftreeoord en Anet Jansen het meer as hul deel gedoen om water in te samel vir die Rizpah Bediening se liefdadigheidsorganisasie.

Die inisiatief is deur Wyk 33 raadslid Kim Faduk op die been gebring en sy het die aftreeoord genader wat sy ook met trots haar ‘VIP-inwoners’ noem.

’n Totaal van 140 liter water is ingesamel.

 

“Ek poog om vir ’n week in te samel en vra almal se hulp hier rondom. Ek vra vir gebottelde water in enige hoeveelheid, selfs vyf liters vir Rizpah se nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie. Rizpah se doel is om versorging te bied vir kwesbare kinders in eMalahlnei, omtrent 50 kinders is in pleegsorg by hulle. Die kinders word gevoed, geklee, opgevoed en is geliefd deur die besonderse personeel in die vyf tuistes,” het Kim vertel.

 

Kim het ook bygelas dat dié wat bydra, opreg waardeer word en dat donasies afgelewer of opgetel kan word.

Vir verdere inligting kan Kim geskakel word by 074 901 2152.

 

 

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button