Die direkte vertaling van die Xhoza word: ‘Baleka’ na Afikaans beteken ‘hardloop’ en dit is presies wat die atlete tydens die Baleka-byeenkoms gedoen het.
Dié atletiekbyeenkoms is Vrydag, 20 Oktober deur Laerskool Klipfontein aangebied.
“Wat die byeenkoms so uniek maak, is dat net naelloop-items aangebied is en dat beide laer en hoërskool-atlete hieraan kon deelneem,” het Angelique Henning, een van die organiseerdeers van Laerskool Klipfontein, gesê.
Skole wat deelgeneem het, was Laerskool Klipfontein, Laerskool Kragbron, Laerskool Taalfees, Laerskool CR Swart (Middelburg), Middelburg Laerskool, Robert Carruthers Primary, Hoërskool Patriot en Hoërskool Generaal Hertzog.
Seuns- en dogtersatlete tussen die ouderdomgroepe o.7 tot o.19 het gewys waartoe hulle in staat is in die 60m, 80m, 100m, 150m, 200m en 400m items.
Daar is ook 100m aflos gehardloop in verskillende ouderdomsgroepe.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.