Local newsNews

Naellope-atlete strek die bene by unieke byeenkoms

Wat die byeenkoms so uniek maak, is dat net naelloop-items aangebied is en dat beide laer en hoërskool-atlete hieraan kon deelneem.

Die direkte vertaling van die Xhoza word: ‘Baleka’ na Afikaans beteken ‘hardloop’ en dit is presies wat die atlete tydens die Baleka-byeenkoms gedoen het.

Dié atletiekbyeenkoms is Vrydag, 20 Oktober deur Laerskool Klipfontein aangebied.

Sinazo Masikane (o.9) van Laerskool Kragbron mik vir die wenstreep.

“Wat die byeenkoms so uniek maak, is dat net naelloop-items aangebied is en dat beide laer en hoërskool-atlete hieraan kon deelneem,” het Angelique Henning, een van die organiseerdeers van Laerskool Klipfontein, gesê.

Laerskool Klipfontein se Juanrich Oostuizen lê oop om sy teenstander te klop.

Skole wat deelgeneem het, was Laerskool Klipfontein, Laerskool Kragbron, Laerskool Taalfees, Laerskool CR Swart (Middelburg), Middelburg Laerskool, Robert Carruthers Primary, Hoërskool Patriot en Hoërskool Generaal Hertzog.

 

Seuns- en dogtersatlete tussen die ouderdomgroepe o.7 tot o.19 het gewys waartoe hulle in staat is in die 60m, 80m, 100m, 150m, 200m en 400m items.

Daar is ook 100m aflos gehardloop in verskillende ouderdomsgroepe.

Die seuns 400m o.16 naellope is soos volg gewen Mpendulo Mayisa (tweede) can Hoërskool Generaal Hertzog, Artan Mnisi (eerste) van Hoërskool Generaal Hetzog en Surprise Simelane (derde) van Hoërskool Patriot.
Die eerste plekke in die seuns o.17 400m naellope is (van links): Thabo Thaesa (tweede) van Hoërskool Middelburg, Brandon Joubert (eerste) en Troy Mabuza (derde), albei van Hoërskool Generaal Hertzog.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button