Local newsNews

Musikant loer in by Immergroen

Stefan Jansen het by Immergroen Outehuis ingeloer tydens sy ‘Liedjie Bus Toer’.

Nostalgie het die lug gevul by SAVF Immergroen Ouetehuis.

Op 30 Augustus het die gewilde Vonk musiekkunstenaar Stefan Jansen, die inwoners van Immergroen Ouethuis bederf met die mooiste liedjies uit vervloë dae asook musiek op sy nuwe enkelsnit ‘Verdienste en Genade’.

Hy het ook liedjies gesing soos ‘Wasting time,’ ‘Suikerbos’ en ‘As ek jou onthou,’ met sy kitaar in die hand. Die optrede is deel van die kunstenaar se ‘Liedjie Bus Toer’.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK) het dit goedgedink om goeie Afrikaanse musiek terug te neem na die gemeenskap en die musiekkunstenaar met ope arms te verwelkom in die stad.

Marinda Luus van Immergroen het gesê dat die inwoners die optrede baie geniet het en hulle sal Stefan enige tyd terug verwelkom.

“Die inwoners was uit hul nate uit. Sommiges het sommer opgestaan en selfs die heupe geswaai en saam gedans. Hy het baie van Laurika Rauch se treffers ook gesing, asook sy eie musiek,” het Marinda vertel.

Sy het ook gesê dat die musiekkunstenaar die jong gees in die inwoners teruggebring het en dat die dag ’n reuse sukses was.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

· Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za

· Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Back to top button