Die Lente is nou offisieel hier en daar word nou skoongemaak, afgestof en weggegooi.
Daar is bokse vol goed wat jy moontlik gaan weggooi, maar het jy geweet daardie ongewenste goed kan ’n reuse verskil in iemand se lewe maak?
Met jou ongewenste items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel Witbank is ’n welsynswinkel waar jy jou tweedehandse items kan gaan skenk of self vir jou ’n winskopie of twee kan opraap.
Uit die wins van die verkope, bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, werkgeleenthede en studiefondse aan studente wat wil gaan studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.
Gaan kuier gerus by Annari Swart, Jesse Donson, Bella Tlou, Karla le Roux, Shiwe Mahlangu en Emmah Mokoena by Ons Winkel in Jeanettestraat in die Wersea-gebou agter Fruit & Veg.
Jy gaan ’n winskopie opraap en dit spaar jou ’n rit om die goedere te gaan weggooi, want by Ons Winkel word dit met liefde ontvang.
Ons Winkel Klipfontein is ook ’n skatkis vol verrassings wat net wag om ontdek te word.
Dié winkel is geleë langs Checkers Hyper in Klipfontein.
Daar gaan jy sommer met die intrapslag verwelkom word deur Patrick Ferns, Mina Lourens en Elizabeth Mphela.
As jy meer wil weet oor Ons Winkel, kan jy Sarel van Heerden, eienaar van Ons Winkel skakel by 082 902 2933.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas