Local newsNews

Gaan koekeloer in ‘God se apteek’ en leef gesonder

’n Heerlike Lente vergadering is by die Nocturne-tak gehou. Die gasvrouens het die lede en gaste behoorlik bederf met pragtige pienk en pers tafels mooi getooi, selfs pienk en pers koeldrank en heerlike versierde koekies en blommetjies.

“Leef gesonder deur natuurlike middels te gebruik,” dit was die boodskap wat gasspreker by die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak se vergadering gedeel het.

Pat May, Elana Holtshausen, Ernestine Otto, Dora Grobler, Susan Langeveldt en Lize Visser.

Me. Hanli Swanepoel het die dames Donderdag,7 September vertel van die voordele van natuurlike olies.

Wilma van Zyl en Talitha Share.

“Laventel het kalmerende eienskappe, dit bring stresvlakke af en help met jou slaappatroon,” het Hanli gesê.

Hanlie Potgieter en Laurette Swarts.

Suurlemoenolie het sy gesê is ’n moet langs jou wasmasjien. Niks haal kolle so vinnig uit soos dié olie nie.

Retricia Jansen.

Dan het sy ook verwys na Teeboomolie wat as ’n natuurlike ontsmettingsmiddel dien.

Rachel Abdrew, Hanli Swanepoel en Stafane Erasmus.

 

Lede het die kans gekry om ’n druppel peppermentolie en lemoenolie in hulle handpalms in te vryf en in te asem.

Isabella Bath en Vanessa Grobler.

Almal het saamgestem dat die sinusse dadelik oopgegaan het en hulle ook op en wakker gevoel het.

“Die gebruik van natuurlike olies kan ons geestelik en ons gesondheid ingrypend verander,” het Hanli gesê.

Reina Steyl en Helen Kruger.

Die aand is verder aangevul met tafels wat gekreun het onder die smulhappies, gelukstrekkings en lekker geselskap en natuurlike baie vrae oor die gebruik van die essensiële olies.

 

Hanli Swanepoel.

Talitha Taljaard Share is deur die tak verwelkom as ’n nuwe lid. Die tak spog nou met 37 lede.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Instagram of Twitter.

HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button