Moths se ‘fair’ was ’n fees met ‘flair’
Die reeds feestelike atmosfeer is aangevul met pragtige musiek en sang deur plaaslike kunstenaars.
Die Moths se jaarlikse Vintage Fair is altyd ’n hoogtepunt op die kalender en vanjaar was geen uitsondering nie.
Daar was stalletjies te kies en keur met allerlei te koop, van ingelegde kosse en souse tot vars groente, houtgemaakte speelgoed tot tafels vol boeke wat enige boekwurm opgewonde sou maak.
Geen mens, honger of nie, kon by die kosstalletjies verbyloop sonder om iets te koue te koop nie.
Die reeds feestelike atmosfeer is aangevul met pragtige musiek en sang deur Henk van Staden, Piet Meyer, Angel, Sheila, Bianca, Ernst Buys en Barend en Johanette Potgieter.
Die organiseerders bedank elkeen wat die fees kom ondersteun het.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram