Laerskool Taalfees het Astro-baan in oog met gholfdag-fondse

Laerskool Taalfees bedank die 22 borge vir hul ondersteuning en ook elke speler wat kom saamspeel het.

Laerskool Taalfees het ’n super-lekker gholfdag aangebied aan die begin van die naweek.

André van Vollenstee moker ’n goeie bofhou.

Daar is goeie bof-, nader-, plof- en kaphoue gespeel deur die 132 spelers wat op Vrydag, 8 September by Witbank Gholfbaan op ’n snikhete dag afgeslaan het.

Burger Olivier het die Hoër Tegniese Skool se gaatjie beman met genoeg lekkergoed om die nodige energie vir die dag te verskaf.

“Die dag is grotendeels aangebied om fondse in te samel vir ’n nuwe Astro-baan wat die skool beplan om te bou,” het Tienie Prinsloo, een van die organiseerders gesê.

Tatum Kruger wys die aanloklike geskenkpak wat by die G&J Paneelkloppers en G Kok Transport se afslaanpunt gewen kon word.
Lourens Combrink wys hoe ’n man moet afslaan.
Peet Smith, Alex Munro, Gerbrandt Alberts en Francois Hattingh is reg om ’n goeie dag op die baan te hê.

Laerskool Taalfees bedank die 22 borge vir hul ondersteuning en ook elke speler wat kom saamspeel het.

Clive Wright oefen solank sy putjie-houe.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na
info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus,
besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media
platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is
om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version