Witbank Vroue Landbou-unie se lede raak rekenaar-slim

Die groep het hulle skootrekenaars saamgebring om bietjie wysheid te kry oor dié 'masjiene' en hoe om met een te werk te gaan.

Die Vroue Landbou-unie Witbank-tak het die vingers laat werk by hul onlangse vergadering.

Phyllis Scruton en Hendriët Prinsloo.

Die dames het op Donderdag, 24 Augustus by die Moths aftree-oord vergader.

Die groep het hulle skootrekenaars saamgebring om bietjie wysheid te kry oor dié ‘masjiene’ en hoe om met een te werk te gaan.

Marcelle van Vuuren.

Belinda Duvenhage, die Carpe Diem-streek tesourier en lid van die Delmas-tak het die insiggewende oggend aangebied, die dames bygestaan en opleiding verskaf.

Ria Scheepers, Martie Vermeulen en Anette Steyn.

Die ‘word rekenaar slim’-oggend was gereël deur Lida Posthumus, voorsitter van die Witbank-tak.

Lida Posthumus en Belinda Duvenage.

Carpe Diem-streek voorsitter, Marcelle van Vuuren het die oggend saam kom rekenaarslim word. Die Carpe Diem-streek gaan ook op Saterdag, 16 September by die NG Kerk Witbank-Suid ’n klets- en kuieroggend hou.

Gezina Prinsloo.

 

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

Exit mobile version