Trappieskerk weet van aandmark hou
Melkkos, basaarpoeding, kerrie en rys, brosgebraaide kaiings en worsrolle was van die disse waarvan gekies en gekeur kon word.
Die NG Kerk Witbank-Suid het nou die lat hoër geskuif en sal moet uithaal en wys om die aandmark wat die naweek aangebied was, te klop.
Die aandmark op Vrydag, 25 Augustus was ’n reuse sukses en ’n heerlike saamkomfees.
Die weer het ook mooi saamgespeel en almal het dit terdeë geniet.
Ds. Maans van Zyl en sy entrepreneurs wat die taak wat hulle aangepak het met onderskeiding afgehandel het, is spesiaal bedank vir al hulle moeite.
“Dankie aan elkeen wat iewers ’n inset gelewer het, al was dit ook hoe gering. Elke bydrae van watter aard ook al word opreg waardeer,” het mnr. Leon Nel, ’n lidmaat van die kerk, gesê.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.