Enjins brul vir motorskou in September

Die dag gaan spog met talle pragmotors van toeka se dae tot hedendaagse vuurwaens.

Helpende Hand se motor- en klankskou is om die draai.

Jackie Potgieter, Lenie Botha (hoof van die Hoër Tegniese Skool) en Rudolf Esterhuizen.

Die skou vind op 30 September by die Hoër Tegniese Skool se sportvelde plaas.

Inskrywings is oop en stroom reeds in. Koste beloop R150 per motor.

Al die inskrywings moet vooraf gedoen word. As jy dink jou motor het wat dit vat om deel te neem, kan jy Michael Ludik WhatsApp by 082 326 4557 om jou inskrywing te verseker.

As jy ‘n stalletjie wil opsit, kan jy Jackie Potgieter skakel by 076 469 3724.

As jy graag jou besigheid wil tentoonstel, kan jy Rudolf skakel by 082 300 3637.

 

Exit mobile version