Twee HTS Witbank ruiters saal op vir nasionale kampioenskap

Beide ruiters verteenwoordig die Hoër Tegniese Skool en het in verskeie klasse gekwalifiseer.

Shannon Lewis en Anouk van Vuuren is onlangs in die Mpumalanga A-span opgeneem om binnekort aan die Nasionale Perdeskou-kampioenskappe te gaan deelneem.

Beide ruiters verteenwoordig die Hoër Tegniese Skool en het in verskeie klasse gekwalifiseer tydens die Phoenix Flying Squad Mpumalanga-kampioenskap en Sanesa Q4 wat tussen 20 en 23 Julie plaasgevind het.

Anouk van Vuuren. (Foto: Jess White Photography).

Shannon en haar perd, Saffier het gekwalifiseer in die ‘Equitation,’ ‘Showjumping 1’ (1meter), ‘Showjumping 2’ (1meter), ‘Working Hunter’ en ‘Handy Hunter’ klasse.

Anouk en haar perde Chrysalis Skyler en Destalsmit Foxtrot het in drie skouspring-klasse gekwalifiseer.

Dié twee jong ruiters is gestewel en gespoor vir die nasionale-kampioenskap wat in Oktober by die Kyalami Equestrian Park gaan plaasvind.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

•   Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Exit mobile version