Local newsNews

Man (55) koelbloedig doodgeskiet in plaasaanval

As jy enige inligting het wat sal lei tot die opspoor van die ander verdagtes kan jy Vosman Polisie bel: 079 891 4842.

Die Balmoral-gemeenskap is tot stilstand geruk na ’n plaasmoord waarin ’n man koelbloedig doodgeskiet is.

Dié nagmerrie ondervinding vir die Eckstein-egpaar en mnr. Leon de Wet het Maandag 26 Junie net na 18:00 begin.

De Wet en me. Charlene Eckstein is deur vermeende rowers oorval en vasgebind in Eckstein se huis op die plaas. Hulle is herhaaldelik met ’n staalpyp geslaan.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/196854/plaasaanval-op-ou-middelburgpad-drie-in-hospitaal-opgeneem/?fbclid=IwAR0XXEYZgWa3LOu5-WiWGGpkg5x7MWgSV_swicmCgEK6_vK-1mV_jCjYrBA

“Die slagoffers het gesê hulle is deur vier mans, wat gewapen was, vasgemaak. Nadat hulle vasgemaak is het die rowers die huise geplunder en geld geëis,” het kaptein Lizzy Hlathi, woordvoerder van Vosman polisie gesê.

Mnr. Charlie Eckstein, heeltemal onbewus dat die rowers hom inwag het net by die huis gekom na werk. Toe hy uit sy Jetta klim is hy doodgeskiet.

Eckstein het aan WITBANK NUUS vertel dat sy na haar kamer toe geneem en vasgemaak is.

“Op pad kamer toe het een van die mans vir my gesê, ‘I killed your husband’. Ek wou dit nie glo nie, dit was asof die woorde hol geklink het. Ek was so bang hy verkrag my, dank die Here hy het nie.”

Sy het gesê sy het net bly bid. Die rowers het ’n kluis by een van die ander huise op die plot gesteel, in die Jetta gelaai en weggejaag.

Intussen het De Wet dit reggekry om homself los  te maak en het meer as ’n kilometer ver gehardloop om hulp te gaan soek.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/170701/man-gemartel-vermoor-op-plaas-naby-kendal/?fbclid=IwAR0U46f5aklZpBRYMaSf6ZQ7mQ7RnxAFV5xSEzINIoM_8ADINJrFWRmPWRQ

Op pad terug saam met ander inwoners in die omgewing het hulle verby die Jetta gery, teruggedraai en die Jetta agternagesit.

Die rowers het die Jetta gestop, uitgespring en weggehardloop.

Hlathi het genoem dat een van die rowers homself raakgeskiet het tydens die rooftog.

“Sy makkers het hom agtergelaat toe hulle gevlug het,” het Hlathi gesê.

Die verdagte is in die hospitaal dood.

Vosman polisie ondersoek sake van besigheidsroof, huisinbraak en diefstal.

As jy enige inligting het wat sal lei tot die opspoor van die ander verdagtes kan jy Vosman polisie bel: 079 891 4842.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 
Back to top button