Local newsNews

Wynproe-aand saam met Bertus van Niekerk vind dié Vrydag plaas

Kaartjies vir die wynproe-aand waar Bertus van Niekerk die gasheer is, is nou beskikbaar. Skakel 072 573 2501.

’n Wynproe-aand saam met die oud-dominee wat in die sop was oor kaalborsvroue tydens die bekendstelling van een van sy wynreekse is een wat jy op jou kluitklaplys (bucket-list) moet sit.

Dié oud-dominee wat in 2012 die voorblaaie gehaal het toe hy tydens die bekendstelling van een van sy wyne ’n naak vrou op ’n perd as deel van sy ‘verwelkomingskomitee’gehad het, kom wynproe hou in eMalahleni.

Bertus ‘Osbloed’ van Niekerk. (Foto: Stephen Fourie).

Die kaal vrou van destyds het ooreengestem met een van die etikette op sy wyn wat deur die kunstenaar wyle Selma Albasini ontwerp was.

Bertus ‘Osbloed’ van Niekerk wat nou ’n wynmaker van formaat is, het een na die ander ‘reëls’ gebreek in sy bemarkingsveldtogte.

Hy het in 2014 in eMalahleni kom kuier en gesê, “Ek het nie elektrisiteit in my motorhuis waar ek my wyn maak nie. Natuurlike gisting én natuurlike verkoeling vind daar plaas. Ek soek die mees natuurlike maniere om wyn te maak. Dit stroop jou van tegnologie.”

Bertus kom weer op 30 Junie ’n wynproe-aand by Elkana Skool aanbied. Dit begin om 18:00 en kaartjies is R300 elk. Dit sluit agt wyne, ʼn ete en nagereg in.

As jy dit wil bywoon, skakel 072 573 2501 vir meer inligting.

LEES MEER HIER OOR BERTUS SE VORIGE BESOEK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/22159/elke-bottel-wyn-nog-n-vriendskap-opgesluit/

Het jy al van Bertus se wyne gedrink en wat is jou opinie daaroor?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490.

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button