Beloning as Penny veilig teruggevind word

Die Cowley-gesin is baie bekommerd oor Penny en wil haar graag terughê.

Die Cowley-gesin het die naweek oral gesoek na hulle viervoetige ‘baba’.

Dié Yorkshire Biewer Terrier het Vrydag, 23 Junie omtrent 14:00 weggeraak vanuit Delftstraat in Die Heuwel.

Penny is maar net ses maande oud.

“Sy het nie ’n bandjie opgehad nie. Ons wou die naweek vir haar ’n nuwe bandjie koop omdat die ou een te klein geword het,” het me. Daniela Cowley vertel.

Penny is wit met swart ore en bruin en swart om haar ogies.

Daar is ʼn beloning van R1 500 as Penny veilig terugbesorg word.

Het jy Penny dalk gesien?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490.

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version