Helpende Hand deel komberse uit

Die geleentheid is by Saveways Crescent Spar gehou op 26 Mei.

Helpende Hand het onlangs ‘n kombers-insameling gehou waartydens 238 komberse ontvang is.

Die insameling het op 26 Mei voor Saveways Spar plaasgevind.

Jackie Potgieter, Babsie Wentzel (SAVF Immergroen) en Michelle Viljoen.

“Ons het sover 98 komberse van die komberse uitgedeel, onder andere aan Immergroen Ouetehuis, Edenpark Aftreeoord en Jabez Huis,” het Michelle Viljoen van Helpende Hand se Witbank-tak, gesê.

Die tak is hard besig met die verspreiding van die oorblywende komberse en bedank elkeen wat ’n kombers geskenk het.

Jackie Potgieter en Estie Kotze. (Edenpark)

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

Exit mobile version