Gholfdag vir Laerskool Klipfontein

Ouers en besighede het die dag bygewoon om te help met die fondsinsameling.

Laerskool Klipfontein het die gholfstokke laat swaai tydens hul gholfdag.

Die dag is gehou op die groen setperke van Witbank Gholfklub op 8 Junie.

Michque Viljoen en Tiaan Mienie.

Die skoolhoof, Marinda Fourie het gesê dat die doel van die dag is om die skool te help met vervoerkostes. Die dag het gespog met 30 pare wat nege putjies elk gespeel het.

“Dankie aan al die borge wat die skool bystaan en ondersteun,” het Marinda gesê.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Exit mobile version