Local newsNews

Laerskool Klipfontein spog met twee spanne in semi-finaal

Laerskool Klipfontein spog met hulle eindtellings teen Laerskool Kragbron.

Laerskool Klipfontein mag maar lekker spog oor hulle onlangse wen teen Laerskool Kragbron.

Twee van Klipfontein se spanne ‒ die o.10’s en o.11’s ‒ het deurgedring na die Mpumalanga semi-finaal vir uitstekende rugby.

Talle laerskole was dié jaar hard aan die stryd in die Nkangala-streek rugbyproewe.

Op Dinsdag, 23 Mei het Laerskool Kragbron gasheer gespeel vir die uitdunne.

Laerskool Kragbron het egter nie daarin geslaag om Laerskool Klipfontein ore aan te sit nie.

Die o.9-span het gewen met ʼn telling van 12-5 en die o.10-span het ook gewen met ʼn telling van 17-14.

Die o.11 rugbyspan het nie tyd gemors nie en gewen met ʼn uitstekende telling van 40-5.

Laerskool Klipfontein se o.10 span. Heel agter: Tiaan van Niekerk, Chesney Gamba (afrigters). Agter: Alex Veldman, Lesedi Mahlatsi, Thabi Ditshego, Juandre van Rooyen, Estiaan Cronje, Wouter Steenkamp, Anrich van Heerden, Manelisi Sibanjoni.
Middel: Marinus Kruger, Gerber Labuschagne, Xavier Marx, Zian Prinsloo, Christo van der Walt, Keegan Rautenbach. Voor: Zian Oosthuizen, Kevin Ellis, Kwando Dube en Morné Swanepoel. Heel voor: Hanru Nel.

Klipfontein Laerskool se tweede span het ook gewen met ʼn suiwer wen van 20-0.

Die eerste span het hard gespeel en kon amper nie Laerskool Kragbron onderkry nie, maar het net-net gewen met 20-17.

Tydens die uitdunne het die o.10- en o.11-spanne weer en weer hulself bewys en gaan in die streek se semi-finaal op 9 en 10 Junie by Hoërskool Middelburg meeding.

Die totale ligapunte van elke skool in Nkangala word aan die einde van die seisoen opgetel.

Die skool met die minste ligapunte word dan volgende jaar in die Gert Sibande-groep geplaas en vervang die skool wat die huidige jaar in die Gert Sibande-groep gespeel het.

Een van die afrigters vir die o.11 span, Xander Hall het gesê dat die spelers baie trots kan wees op hulself vir die uitstekende spel en dat die spanne reg is vir die semi-finaal.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

Back to top button