Local newsNews

Plaaslike inwoner dood in ongeluk op Delmaspad

Terence, wat as passer gewerk het, was aan diens en is uitgeroep vir werk toe die ongeluk gebeur het.

Families is in rou nadat ʼn jong man van eMalahleni, Terence Niel de Lange (33) en een trokdrywer en passasier hul lewens verloor het in ’n botsing.

Die ongeluk het Dinsdag, 30 Mei omstreeks 19:00 op die R50 Leandra/Delmaspad naby Brakfontein gebeur.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar ondersoek word ingestel deur middel van ’n paneelbordkamera (dash cam).

Terence en Fransiska de Lange.

Sy vrou, Fransiska het gesê hulle vermoed dat ʼn trok ’n ander trok getref het toe die bestuurder die draai te kort gevat het. Altwee trokke het met impak gerol.

Terence, wat in sy werksvoertuig agter die trok wat gestamp is, gery het, is in die botsing op die bestuurskant van die voertuig getref.

’n Kollega wat saam met Terence in die voertuig was, is ongedeerd, maar kan niks van die gebeure onthou nie.

Terence, wat as passer gewerk het, was aan diens en is uitgeroep vir werk toe die ongeluk gebeur het.

“Ek gaan hom mis. Ek voel hierdie groot leemte in my hart. Vir vyf jaar was ek op my   gelukkigste saam met hom; ek het liefde gehad. Hy was my beste vriend,” het Fransiska gesê.

’n Roudiens vir Terence vind Woensdag, 7 Junie vanuit die Sion-gemeente in Klipfontein plaas.

Terence laat sy vrou, twee kinders en sy ouers agter.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button