Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Reynorif het die afgelope naweek die verkeer tot stilstand gebring tydens ’n laaste rit vir een van hul lede.
Mnr. Tonie Frechow is op 24 Mei aan natuurlike oorsake oorlede en sy GPF-vriende het Sondag, 28 Mei bymekaar gekom om in konfooi na sy huis te ry om die familie by te staan en te vertroos.
SIEN DIE VIDEO HIER:
Tonie het in 1983 na die destydse Witbank getrek.
Hy het drie jaar later na die Reynorif-buurt toe getrek waar hy aktief in sy gemeenskap betrokke was.
Hy laat sy vrou Edna, sy seun Leopold, dogter Marizka, skoondogter Marjida, skoonseun JP en kleindoger Chaneka agter.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490.
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram.
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.