Local newsNews

Helpende Hand help met ʼn botteltjie hoop

Maak jou eie ‘Jar of Hope’ en help honger magies.

Helpende Hand Witbank het soos altyd projekte aan die gang om minderbevoorregtes te help.

Die tak het tans twee projekte aan die gang wat die honger en koue bietjie draagliker sal maak.

Een van die projekte is die ‘Jar of Hope’-projek waar een bottel vier mense kan voed.

Waar baie van ons lekker warm en gemaklik in ons huis sit met die keuse van wat om te eet, het sommiges nie genoeg kos om hulself te voer nie.

Al wat jy benodig is ʼn messelkruik of ʼn koffiepot/bottel en paar bestanddele.

Jar of Hope.

Een halwe koppie rys, halwe koppie ‘Cup of Soup’ poeier, halwe koppie lensies, een aftrekselblokkie (nie oopgemaak nie) en een pakkie kittsop.

Gooi dan al die bestanddele in jou houer en sien daar, ’n hele ete!

Die tak vra ook vir wol-skenkings. Jackie Potgieter van die Helpende Hand het gesê dat die wol vir ʼn baie goeie doel gaan.

“Ek het ʼn oproep gekry van Immergroen Ouetehuis. Hulle het gevra of ons dalk wol het wat ons vir hul kan skenk om Alzheimer-kombersies en gebreide varkies te maak. Daar is ʼn paar dames wat brei om besig te bly. Hierdie kombersies en varkies kan ons dan weer uitdeel aan behoeftige en gediagnoseerde pasiënte wat sukkel met Alzheimers,” het Jackie verduidelik.

Knope en lint sal ook welkom wees.

Michelle Viljoen.

Van die wol wat geskenk word gaan dan ook na diè wat kan brei vir ʼn inkomste.

“Daar is baie mense wat kospakkies by ons ontvang wat ook baie handig is met breiwerk. Een van die persone het gesê dat sy vir haarself ʼn inkomste kan skep deur sokkies te brei,” het Jackie gesê.

Die wat sou belangstel om te help of graag wou skenk kan vir Jackie bel:  076 469 3724.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Back to top button