Local newsNews

Fotografie laat jou uit die boks uit dink

Alle aspirant fotograwe word genooi om by Kosmos Fotografieklub aan te sluit.

’n Fotografie makro werkswinkel is dié maand op die kalender vir Kosmos Fotografieklub.

Hulle vergader op Vrydag, 26 Mei vir dié werkswinkel.

Vir die res van Mei kry die klub se fotograwe geleentheid om manlike modelle af te neem.

Ford Escort ‒ Sakkie Goosen.

Elke maand is daar ook kategorieë waarin lede inskryf.  Hierdie kategorieë druk jou soms om bietjie uit die boks te moet dink en dit forseer fotograwe om hulle horisonne te verbreed.

Lees meer hier:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/203955/fotograwe-sny-sambrele-stukkend-vir-die-perfekte-foto/?fbclid=IwAR3GWmzK9QeizcU_vdzm4Rg4FYFy19YT2-ctr6gmyNjbqqcXSf8V1nY51Yk

Een van die temas was ‘glasses’,

Hendriët Prinsloo was die senior wenner van die afdeling met ‘Broken glasses’.

Broken glasses ‒ Hendriët Prinsloo.

In die junior ope afdeling het Susan Pienaar breëbors weggestap met haar foto ‘Roos liefde’.

By die seniors se ope-fdeling was Sakkie Goosen se ‘Ford Escort’ en Janita van Niekerk se ‘Battle of a ball,’ die wenners.

The Battle of a ball ‒ Janita van Niekerk.

Kosmos Klub vergader elke laaste Vrydag van die maand.

Vir enige verdere inligting, kontak gerus vir Jannie van Niekerk by 073 560 9536.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Back to top button