Kraggies se fees is om die draai

Vanjaar se fees by Laerskool Kragbron gaan nog lekkerder as verlede jaar s’n wees.

Junie is om die draai en dit beteken Laerskool Kragbron hou fees.

Dié fees skop Donderdag, 1 Junie, af met ’n sop-en-sjerrie-aand gepaardgaande met ’n opwindende veiling vanaf 18:00 tot 21:00.

Dit beloof om sommer ń lekker gesellige kuier te wees.

SIEN DIE VIDEO HIER: Prop nooi almal om saam te kuier by Kraggies.

Toegang is gratis vir volwassenes. Kinders word ongelukkig nie hier toegelaat nie, maar Laerskool Kragbron se leerders word genooi om die fliekaand by te woon in hulle eie boks-kar sonder ’n enjin.

Toegang vir die fliekaand is R50 en dit sluit springmielies, koeldrank en lekkers in.

Kraggie Feesdag op  2 Junie is volgepak met aktiwiteite.

Van’n kaskarwedren, ’n spookhuis vir dié wat dapper is, springkastele en  valskermspring tot die Mnr. en Mej. Kragbron en Mnr. Spiere-kompetisies.

Wat is ’n fees sonder geurige kos?

Wees op die uitkyk vir heerlike, onder andere onder andere varsgemaakte pannekoek.

Uitstallers en verkopers van allerlei produkte sal ook daar te siene wees.

Later die aand vermaak Prop en Ivan Roux die feesgangers.

Moenie tot op die laaste nippertjie wag vir jou kaartjie nie.

Die oggendstond het goud in die mond, want hierdie week beloop kaartjies slegs R120.

Skakel gerus die skool by 013 656 2282 vir meer inligting of besoek hul Facebook.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET? Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 

Exit mobile version