Local newsNews

Ongeluk in swaar reën eis pa en seun se lewens op N4

Vier lede van die Heyns familie is binne die bestek van ’n jaar oorlede.

Hewige reën op die N4 het moontlike aanleiding gegee tot ’n ongeluk waarin twee mense gisteraand oorlede is.

Plaaslike inwoners, mnr. Schalk Heyns snr. en sy seun Schalk jnr. is noodlottig beseer in die ongeluk.

Heyns se kleinseun, Adriaan, was ook in die voertuig toe die botsing naby die Kromdraai-afrit gebeur het.

Daar word vermoed dat Heyns beheer oor die kar verloor en voor ’n aankomende maatskappybussie, wat personeel vervoer, beland het.

Die familie was vanaf Pretoria op pad terug na eMalahleni.

Volgens mnr. Herman Geldenhuys, wat eerste op die toneel was, het dit verskriklik hard gereën en hy kon skaars 10m voor hom sien. Hy was onderweg na Pretoria.

“Ek het gesien hoe die verkeer stadiger begin beweeg het en ’n gestampte kar opgemerk,” het Geldenhuys gesê.

Geldenhuys, wat betrokke is by die Wierdabrug Centurion gemeenskapspolisiëringsforum, het gelukkig die nodige toerusting in sy kar gehad en het die toneel dadelik begin beveilig om te voorkom dat ander voertuie in die stilstaande voertuie vasry.

“Ek het besef die oom en die passasier is oorlede en het die jong man uit die kar gehelp en hom probeer kalmeer,” het Geldenhuys gesê.

Adriaan word in die hospitaal behandel. Hy het altwee heupe gebreek.

Hartseer het die Heyns familie die afgelope jaar toegevou. In 12 maande is vier gesinslede oorlede.

Me. Ansie Heyns, Heyns snr. se vrou is in Junie 2022 oorlede, skaars drie maande daarna is hul dogter me. Anel Jacobs ook oorlede.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button