Local newsNews

Balmoral se stories en skatte uit die Anglo-Boereoorlog opgediep

Daar is met metaalverklikkers die veld in, in die hoop om “skatte”, te ontdek.

Meer as 70 besoekers van sover as Phalaborwa en Krugersdorp het oor die naweek neffens die Balmoral Konsentrasiekamp-begraafplaas bymekaargekom, almal met iets in gemeen – hul liefde vir Suid-Afrika se geskiedenis.

Dr. Tian Schutte wys foto’s van die Balmoral Konsentrasiekamp en van die “skatte” wat by ander konsentrasiekampe en veldslagterreine regoor die land gevind is.

Sommige was Saterdag, 22 April deel van die dag net om uit te vind wat se “skatte” op dié geskiedkundige terrein verborge lê.

Peet Coetzee teken een van die boeke, ‘Treinvernielers’, waarvan hy medeskrywer van is.

Voordat daar met metaalverklikkers die veld in is, het Anglo-Boereoorlog kenners, dr. Tian Schutte en Peet Coetzee interessante terugblikke oor die oorlog gedeel.

Gurty en Johan Olivier, met die Balmoral-koppies in die agtergrond, was reg om meer uit te vind oor Balmoral se geskiedenis.

Lees die volledige berig in hierdie week se WITBANK NUUS.

(Agter): Josh van Heerden, Barries Barnard, Ed Rosster en Steven Whitmore en (voor): Ruth Batchelor en Rudi van Heerden.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

 
Back to top button