Nocturne is ‘WAU’ sê streeksvoorsitter

Die Vroue Landbou-unie Nocturne tak loop altyd oor van prettige idees.

Daar is geen blus aan die Vroue Landbou-unie (VLU) Nocturne-tak se aansteeklike opgewondenheid nie.

Dié tak het Woensdag,12 April byeengekom en saam gelag en gesels, heerlik gesmul aan boereworsrolle met die lekkerste sous en ook oor ernstiger sake soos lees onder die jonger generasie gedebatteer.

“Hoe kweek jy die liefde vir lees by jou kinders,” het die tak se tesourier Elsie Greaves gevra en die antwoord ook sommer dadelik gegee.

 

Karen Oberholzer en Laura Willer.

 

“Jy stel die voorbeeld deur self ook te lees.”

Sy het ’n paar idees gegee hoe om jou kleingoed te kry om te lees.

“Stel ’n lees-piekniek op. Kry ’n kleurvolle kombers, pak ’n paar peuselhappies uit, pof jou kussing op en lees. As jy ’n lang pad aandurf, sit boeke in die kar sodat die kinders kan lees of  hou ’n lees marathon,” was van die wenke wat sy gedeel het.

Die nuutverkose streeksvoorsitter van die VLU Carpe Diemstreek, Marcelle van Vuuren het ook by die tak ingeloer.

“Wow, ek het nie woorde nie, dié tak is vol lewe en die vriendskappe wat hier gesluit is, straal uit elke lid uit,” het sy die tak gekomplimenteer.

Sy het die lede aangemoedig om na die kongres te gaan wat in Augustus aangebied gaan word.

Wilma van Zyl, die tak se voorsitter het gesê die tak se wit-olifant projek was weereens ’n wegholsukses. Sy het elkeen bedank wat deel aan die projek gehad het.

Marcelle van Vuuren.

Tussenin het die dames ’n vinnige werksklas deurgedraf waar hulle ‘sonvangers’ uit metaal wat in die vorm van vlinders gesny is, gemaak het.

Daar is ook sertifikate uitgedeel aan die dames wat plek gekry het tydens die Carpe Diem Streek-kompetisies.

Lenie Swan en Hester Pretorius.

Dié tak het die toekenning ontvang vir die mees spontane tak van die jaar.

Wilma het die toekenning ontvang vir Hartsvrou van die jaar. Die tak se skakelbeampte, Ansie Conradie is aangewys as die skakel van die jaar.

Karen Oberholzer met een van die items waarvoor sy ’n prys ontvang het tydens die streek-kongres.

Het jy ’n storie om te vertel?

Suur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version