Local newsNews

‘Ek wil net weet wat gebeur het,’ vra vrou na ongeluk wat man se lewe eis

Daar het ’n boodskap van ’n ongeluk op een van die WhatsApp-groepe deurgekom, maar Shannon het nooit besef dit is die einste ongeluk wat die lewe van haar man geëis het nie.

Shannon Verster se lewe is in stukkies.

Haar man, Dawid Verster (48) is tydens ’n botsing naby die Jackaroo-ingang op Vrydag 7 April net na 19:00 dood.

“Ek wil net ‘closure’ hê. As iemand net duidelikheid kan gee oor hoe die ongeluk plaasgevind het,” het Verster gebroke gesê.

Sy het gesê Dawid het Vrydag na die Puma garage gery en sy het eers Saterdagaand uitgevind dat hy oorlede is.

Die paartjie woon langs die ou-Middelburgpad  (R555).

“Sy foon was besig om te laai en hy het geen ander foon by hom gehad nie. Toe dit later word en hy nie terugkeer nie het ek begin rondbel.”

Sy het 112 gebel en is van een nommer na die ander deurgesit.

Uiteindelik het ’n polisiebeampte haar oproep ontvang en daar is begin soek.

Dit is toe die nuus breek dat hy die vorige aand reeds op die ongelukstoneel dood is.

Daar het ’n boodskap van ’n ongeluk  op een van die WhatsApp-groepe deurgekom, maar Shannon het nooit besef dit is die einste ongeluk wat die lewe van haar man geëis het nie.

“My hele lewe is in ’n warboel. Ek is terug in Pretoria, daar is niks vir my in eMalahleni nie, dit was net ek en hy hier. Sy familie is wydverspreid. Nou is dit net ek …”

Hy laat sy vrou, seun en dogter en drie kleinkinders agter.

As jy enige inligting het wat Shannon kan help om die legkaart bymekaar te sit, kan jy haar bel op 078 131 1446.

 

Het jy meer inligting oor dié artikel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button