Op en wakker woef skrik slang af

Nala, die Botha-gesin se hond laat nie ongenooide gaste in die erf toe nie.

Skaars ’n maand nadat die Botha-gesin in hulle nuwe huis ingetrek het, het hulle ’n onwelkome gas gehad.

Maar dié gas het hom gou uit die voete gemaak toe die gesin se hond hom nie wou innooi vir koffie nie.

Nala het sy familie teen ’n lastige rinkhals beskerm.

“Op 13 April het dié rinkhals vir ons kom kuier en hom op die voorportaal se stoep tuisgemaak. Ek was in die badkamer besig toe ek hoor Nala gaan erg te kere buite. Toe ek gaan kyk, toe staan meneer  reg om haar te pik. Sodra die meneer beweeg, dan blaf Nala weer vir ’n vale,” het me. Tanya Botha vertel.

Sy het gesê dié slang wou haar ook pik.

Botha het by die deur gewag om die slang te keer sou hy besluit om in die huis in te seil.

“Ek sou iets oorkom as die ding in die huis ingegaan het. Waar begin ’n mens soek?” het Botha gevra.

Nala het die gas so besig gehou tot mnr. Bernardus Groenewald huis toe gekom het en die slang verwyder het.

“Ek weet nie watter tipe hond Nala is nie, en weet net dié dapper woef het ons lewens gered. My seuntjie, Antonie, sou beslis op die slang getrap het as hy teruggekom het van die skool af.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version