News

Passfees een groot fees by AGS Oasis

Die AGS Oasis gemeente het die paasnaweek op gepaste wyse gevier.

Die AGS Oasis-gemeente het die afgelope naweek ’n vol program gehad.

Hulle het die Paasnaweek Donderdag, 6 April met ’n Sederete afgeskop.

André Pansegrouw.

Pastoor Deon Scheepers het die gaste gelei deur die Joodse gebruik en meer vertel van die simboliek van elke eet-dingetjie op die bord.

Saterdag, 8 April het begin met ’n gebedsaksie by die kruis in Riverview waarna die gemeente uitgereik het na Uitkoms, ’n hawe vir minderbevoorregtes.

Pastoor Deon Scheepers.

Die inwoners van Uitkoms is bedien met sang, ’n kort woord en gebed en het daarna heerlik gesmul aan wors, pap, sous en slaai.

“Hierdie naweek was voedsel vir die siel het pastoor Deon Scheepers gesê.

 

Sien die res van die foto’s hier:

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

Back to top button