Vroue Landbou-unie hou lekker vlooimark

Die VLU tafels was toegepak met allerlei wat te koop was by die Klipfontein vlooimark.

Die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak het weer Wit Olifant-verkope gehou.

Op 1 Maart is daar weer tafels opgeslaan by die Klipfontein vlooimark.

Daar was iets van alles te kry by die stalletjies soos breekware, eetgerei, boeke en huishoudelike items.

Elsie Greaves en Wilma van Zyl (voorsitter).

Alle items word aan die tak geskenk.

Voorsitter van die VLU-tak , Wilma van Zyl het gesê dat Wit Olifant-verkope altyd ʼn hoogtepunt is. “Ons doen dit so twee tot drie keer per jaar. Ons wil ook vir almal dankie sê vir hulle getroue ondersteuning.”

Wilma het ook gesê dat hulle nie net verkoop nie, maar dat hulle ook al die legkaarte skenk aan die Edenpark Ouetehuis asook ekstra boeke vir herwinning sodat die persoon ook ʼn ekstra inkomste kan genereer.

Ronell Mostert en Lize Visser.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Exit mobile version