Local newsNews

Manne geniet ontbyt en ontvang kos vir die siel

AGS Oasis-gemeente het verlede Saterdag, 11 Maart ’n suksesvolle manne-ontbyt aangebied met pastoor Steve Ferreira as gasspreker.

Manne het in geloof bymekaar gekom by AGS Oasis-gemeente die afgelope naweek vir ’n manne-ontbyt en hartverblydende lofprysing.

Pastoor Steve Ferreira en pastoor Deon Scheepers.

Die kerk was behoorlik gevul met ’n goeie en warm atmosfeer toe die manne hul hande lig in gebed en saam Danie en Danicka Roets gesing het.

Die manne by die AGS Oasis-gemeente se manne-ontbyt op 11 Maart.

Pastoor Deon Scheepers en pastoor Steve Ferreira het die Woord gebring.

Pastoor Steve was die gasspreker en die manne het hul koppe geskud in ooreenstemming met pastoor Steve soos hy gesels en die Here geprys het.

Daar is heerlik saam ontbyt geniet en almal is uitmekaar met kos vir die siel.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button