VLU Azaria-tak se vergadering is die ‘prys’ werd

Die Vroue Landbou-unie se Azaria-tak het Donderdag, 9 Februarie gesellig bymekaargekom met ’n opwindende vergadering waartydens hulle hul jaarlikse prysuitdeling het in die vorm van ’n rondomtalie.

Die Vroue Landbou-unie se Azaria-tak het verlede week hul maandelikse vergadering gehou in styl.

 

Van ‘Worry Worms’ en blomme tot ’n prysuitdeling was dié vergadering ’n mengelmoes van pret.

Martie Engelbrecht en Linda Rörich besig met die rondomtalie.

Die vergadering het plaasgevind op Donderdag, 9 Februarie.

 

Die dames het gesellig bymekaargekom en die ‘blomme’ laat waai met ’n interessante demonstrasie deur Marcelle van Vuuren oor hoe om blomme by jou huis en vir kompetisies te doen met goeie raad en nuttige wenke vir die blomme vroue.

Marcelle van Vuuren en Annamarie Bronkhorst.

Die tak het ook hul jaarlikse prysuitdeling gehou wat baie lekker was, aangesien die geleentheid die vorm van ʼn rondomtalie was met houers vol pryse en geskenkies wat in die rondte omgestuur is.

Rina Breedt en Linda Rörich.

Die wenners is as volg vir elke kategorie.

Masjienwerk: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Julie Olivier en 3. Heila Engelbrecht.

Hekelwerk: 1. Judith Cilliers; 2. Marien Müller en 3. Hendriët Prinsloo.

Breiwerk: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Judith Cilliers en 3. Annemarie Bronkhorst. Borduurwerk: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Marien Müller en 3. Judith Cilliers.

Handflyt: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Judith Cilliers en 3. Julie Olivier.

Gebak: 1. Hendriët Prinsloo en 2. Judith Cilliers.

Lekkers: 1. Leilani Pike; 2. Heila Engelbrecht en Judith Cilliers, en 3. Hendriët Prinsloo.

Julie Olivier.

Gebottel: 1. Heila Engelbrecht; 2.  Leilanie Pike en 3. Hendriët Prinsloo.

Mikrogolf: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Heila Engelbrecht en 3. Leilanie Pike.

Blomme, as beginners: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Debbie Du Plessis en 3. Hettie Basson.

Blomme, as middelbaar: Marcelle van Vuuren.

Fotografie: 1. Hendriët Prinsloo, 2. Judith Cilliers en 3. Heila Engelbrecht.

Skets: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Heila Engelbrecht en 3. Judith Cilliers.

Skryf: 1. Hendriët Prinsloo; 2. Rina Breedt en 3. Linda Rörich.

Herwinning: 1. Heila Engelbrecht en Julie Olivier; 2. Marien Müller en 3. Hendriët Prinsloo.

Die ‘Roekie’ sertifikaat is aan Heila Engelbrecht oorhandig as nuwe lid met die meeste punte.

Algehele wenner is aangewys as Hendriët Prinsloo.

“Ons is trots op haar wat ʼn goeie voorbeeld en leiding gee met hierdie prestasies,” het die dames van die tak gesê.

Vir die dames van die Azaria-tak, is geen projek te groot of te klein nie, en dié dames het ook vanjaar hul takprojek bekend as ‘Worry Worms’.

Marien Müller.

Die projek behels die hekel van klein wurmpies wat dan gegee gaan word aan kinders wat moet getuig in die hof.

MC Oosthuizen met die VLU Azaria-tak se ‘Worry Worms’.

Die dames van die Azaria-tak het, soos altyd gewys hoe daar vergader kan word in styl: Met glimlagte, opwinding en ondersteuning vir mekaar.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Exit mobile version