Rekords spat tydens Hoëveld Interhoër-atletiekbyeenkoms

Hoërskool Secunda het die interhoër gewen, en die Manjifieke Meroen het die vyfde plek behaal.

Daar is darem niks lekkerder as ’n atletiekbyeenkoms waar die gees ‘voorloop’ nie.

Unathi Shabangu. (Foto: Zita Goldswain).

Dit was die geval by die Hoëveld interhoër wat die naweek by Hoërskool Generaal Hertzog (HGH), aangebied was.

Dié sportbyeenkoms waaraan Hoërskool Hoogenhout,

Hoërskool Kanonkop,  Hoërskool Piet Retief,  Hoërskool Pionier,   Hoërskool Standerton,  Hoërskool Secunda en Hoërskool Volksrust  deelgeneem het, het Saterdag 18 Februarie plaasgevind.

Junior Zulu. (Foto: Zita Goldswain).

Die weer het ook mooi ‘deelgeneem’ en die reën het gewag tot die laaste paar items, maar selfs die paar druppels kon die gees nie demp nie.

Hoërskool Secunda het die interhoër gewen. Hulle het van meet af die eerste posisie op die telbord ingeneem.

Hoërskool Standerton was in tweede plek en Hoërskool Hoogenhout in derde plek.

Brandon Joubert. (Foto: Zita Goldswain).

Die gasheerskool, HGH het vyfde geëindig.

Dylan Musarurwa o.19 het die toeskouers staande gehad toe hy die drie-sprong item verpletter het met ’n afstand van 13.94m.

HGH se seuns o.16 aflosspan het gewen met ’n uitstekende tyd van 46:06s.

Junior Shongwe het die 1 500m in 04:39 gehardloop en is aangewys as die beste junior middelafstand atleet.

Brandon Joubert is aangewys as die beste senior middelafstand atleet. Hy het die 3 000m in 09:51 gehardloop.

“Dankie aan al die atlete wat absoluut hulle beste gelewer het tydens die interhoër. Elke deelnemende skool kan met trots wegstap van hierdie byeenkoms af,” was die boodskap van die skool af.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Exit mobile version