Local newsNews

‘Konichiwa’ van die Moyogi Bonsai Kai Club

Is jy lus om weg te breek na Japan saam mede plantliefhebbers? Kom kuier saam in ‘Okinawa’ in die gemak van jou eie eMalahleni by die Moyogi Bonsai Kai klub.

Het jy ooit die bekende films van ‘The Karate Kid’ gesien en gewens vir ’n bonsai plantjie soos ‘Mr Miyagi’ s’n?

 

Of het jy dalk net ’n groen-vinger wat jou altyd tussen plante hou?

 

Die Moyogi Bonsai Kai Klub in eMalahleni mag net die perfekte plek vir jou wees.

Ross Bostock met sy Pyracantha bonsai, ook bekend as die ‘Fire Thorn’.

Dié klub het onlangs bymekaargekom om te spog met hul ‘groeiende’ projekte en vir ’n bietjie snoeiwerk soos hul maandeliks elke tweede naweek doen.

 

Die lede bring tydens die byeenkoms hulle boompies om te verfyn en te styl met draadwerk.

 

Ross Bostock saam met bonsai entoesias Zita Goldswain en Magda Joubert.

Die voorsitter, Kevin Beech, het vertel dat in dié tydperk van die jaar, is daar nie veel wat mens kan doen behalwe sny en seker maak dat die bome sterk genoeg is om die winter binne te gaan nie.

 

Hy het verduidelik daar is daar so vier weke se groei vir die bome oor voordat dit vertraag tydens herfs.

Ross Bostock en Zita Goldswain met ’n ‘Coral tree bonsai’.

Met gereedskap in die hand, het die klublede gesnoei en gesellig verkeer terwyl hulle kennis deel en die Latynse en Japannese name van die bonsai boompies uitruil.

 

Net soos die boompies wat jaar na jaar wyser word met nuwe blaartjies of vrugte, wys die klublede dat mens nooit te oud is om iets nuuts te leer nie, of dit nou oor sade, blare of name is.

 

Miskien moet die naam ‘bonsai’ eerder bon-‘smile’ genoem word, want die klub is een vol glimlagte en opgewondenheid terwyl die blare en grappe waai.

 

Die geheim vir dié gelukkigheid kom al die pad van Japan en versprei in eMalahleni, te danke aan die klub en hul bonsai boompies wat mooi genoeg is om ‘Mr Miyagi’ trots te maak.

David Jacobs met sy ‘Baobab’ (Kremetart) en Kevin Beech (voorsitter) met sy ‘Cabbage tree’ (Kiepersolboom).

Indien jy belangstel om deel te wees van dié ‘groeiende’ klub, moenie huiwer om aan hul deur te klop en ‘konichiwa’ (hallo in Japannees) te sê nie.

 

Jou lidmaatskap is ’n nuwe takkie aan die klub se spanboom.

 

Kontak gerus die voorsitter, 

 

Kevin Beech by 069 139 5697 om jou ‘pot’ aan die rol te kry.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button