News

Diewe is desperaat om tuin te maak in Del Judor Proper

Diewe lyk so desperaat om hul ‘tuin’-drome te volg dat hulle na bewering tussen 10-13 Februarie by 'n tuinhuis in in Veronicastraat, Del Judor Proper ingebreek en tuingereedskap geneem het.

Diewe blyk al meer om “tuiniers” te word na ’n huisinbraak in Veronicastraat waar diewe in ’n tuinhuis ingebreek en tuingereedskap gesteel het.

Die inbraak het na bewering tussen 10 tot 13 Februarie plaasgevind in Veronicastraat, Del Judor Proper.

’n Inwoner van die huis waar die diefstal plaasgevind het wens om anoniem te bly, maar het vertel hoe dié voorval die tweede is vanaf November 2022.

In November 2022 het die inwoner vertel, was hulle weg vir ’n week.

“Ons het die Sondag gery. Ons tuinjong het die Maandag daarna by die huis opgedaag en geluide gehoor. Toe hy gaan kyk, was daar mans besig om die grassnyer deur die hek te probeer kry,” het die inwoner vertel.

Die ongenooide ‘tuiniere’ het blykbaar spore gemaak toe hulle die tuinjong sien en die grassnyer gelos, maar die nasleep van hul skelmstreke kon duidelik gesien word met die tuinhuis se deur wat afgebreek is en die gereedskap, asook elektroniese toestelle wat uit die huisie geneem is.

Voor die onlangse en onwelkome besoek vanjaar, het die inwoner vertel dat hulle die tuinhuis weer probeer beveilig het.

Helaas was die ekstra moeite verniet toe diewe hulself tuisgemaak het in die tuinhuis.

“Verlede Maandag het ons tuinjong opgedaag vir werk, maar het gesien die kant van die huisie is oopgebreek. Dieselfde gereedskap is weer gesteel,” het die inwoner gesê.

Behalwe vir die feit dat hulle so arrogant is om ʼn tweede keer terug te kom om hul skelmstreke voort te sit, was die diewe gemaklik genoeg om die gereedskap te neem, terwyl die inwoners dié keer tuis was.

Die “tuinier” het egter spore gemaak sonder die  grassnyers, want dié was agtergelaat soos in die vorige voorval.

Die inwoner wil graag die polisie bedank vir hul goeie diens en hulp tydens die onlangse voorval.

“Dit is ’n groot ongerief vir ons. Ons het alles van waarde uit die tuinhuis gehaal,” het die inwoner ten slotte gesê.

Gemeenskapslede word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir diewe wat aspireer om ’n groen beroep te volg; hulle volgende stop mag net ’n agtererf ver wees.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 
Back to top button