Witbank Rugbyklub bring reënerige aksie na plaaslike sport

Die aksie het afgeskop om 14:30 op 11 Februarie by Hoërskool Patriot.

Die afgelope reënerige naweek was een wat geen rugby-kyker moes misloop in eMalahleni nie, want Witbank Rugbyklub se eerste en tweede spanne het al die aksie op Hoërskool Patriot se veld gebring.

Die aksie het afgeskop om 14:30 met die tweede span wat teen die Bethal Buffels gespeel het.

Die tweede span van Witbank Rugby Club na hul wedstryd op 11 Februarie.

Teen 16:00 het die klub se eerste span op die veld gehardloop deur ’n tonnel van die tweede span lede wat hulle aangemoedig het met ’n sterk handeklap en ondersteunende gejubel.

Om te sê albei spanne het hulle beste ‘toks’ voorgesit, is maar ’n druppel reën in die emmer van aksie wat op die veld plaasgevind het, want reën of nie, rugby staan nie stil nie.

Witbank Rugbyklub wens die volgende eerste span spelers geluk vir die drieë wat hulle gedruk het: Tshepo Mtimba, Waldo Nelson, Connigher Koch en Lefa Leshaba vir die twee wat hy gedruk het.

Die klub wil ook die spelers van die wedstryd geluk wens: Dawie Lange (voorspeler) en Alec Vermaak (agterspeler).

Alec het ook met groot sukses vyf uit vyf doelskoppe oor die pale geklits.

Dit was slegs Witbank Rugbyklub se tweede opwarmingswedstryd vir die jaar.

 “Ons het nog harde werk wat voorlê voor die ‘Rugby Wars’ afskop in Maart-maand by Grizzlies Rugbyklub in Pretoria, maar die diepte en positiwiteit die jaar is ongelooflik. Witbank Rugbyklub gaan die volgende paar weke voorberei vir die Premier-liga wat in Mei afskop,” het afrigters vir die eerste span van Witbank Rugbyklub, Gerhard van den Heever (‘Coach G’) en Christo Nelson gesê.

Moet nie die week se uitgawe van die WITBANK NUUS mis skop vir die volle berig en uitslae van die wedstryde nie.

Deel gerus jou nuusbrokkies met ons: Telefoon 013 656 2490 of epos info@witbanknews.co.za

Jy kan ons ook op sosiale media volg InstagramTwitter Witbank News App

Exit mobile version