Local newsNews

Bakkie kry voete uit erf

Die bakkie moes iewers tussen middernag en 05:00 vanoggend (31 Januarie) weggeraak het uit die erf in Vulturestraat, Reynorif.

Henry van den Bergh se wit Nissan 1400 bakkie, ’n verjaardaggeskenk van sy ouers, is skoonveld.

“Vanoggend toe maak my ouers my wakker en sê dat hulle jammer is, iemand het my bakkie gesteel,” het Henry vertel.

Die bakkie moes iewers tussen middernag en 05:00 vanoggend (31 Januarie) weggeraak het uit die erf in Vulturestraat, Reynorif.

“Dit was ʼn verjaarsdag geskenk wat ek vir my seun twee jaar terug gekoop het. Die bakkie het vir langer as ʼn jaar gestaan sodat ons hom kon oordoen,” het Henry se pa, William verduidelik.

Volgens Henry was die hek toe en die bakkie se stuurslot aan. “Ons vermoed die skelms het oor die muur geklim,” het Henry gesê.

Indien iemand die voertuig gewaar, kan hulle vir William: 079 822 8789 of Henry: 073 399 4850 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button