Local newsNews

Bakkie kry voete uit erf

Die bakkie moes iewers tussen middernag en 05:00 vanoggend (31 Januarie) weggeraak het uit die erf in Vulturestraat, Reynorif.

Henry van den Bergh se wit Nissan 1400 bakkie, ’n verjaardaggeskenk van sy ouers, is skoonveld.

“Vanoggend toe maak my ouers my wakker en sê dat hulle jammer is, iemand het my bakkie gesteel,” het Henry vertel.

Die bakkie moes iewers tussen middernag en 05:00 vanoggend (31 Januarie) weggeraak het uit die erf in Vulturestraat, Reynorif.

“Dit was ʼn verjaarsdag geskenk wat ek vir my seun twee jaar terug gekoop het. Die bakkie het vir langer as ʼn jaar gestaan sodat ons hom kon oordoen,” het Henry se pa, William verduidelik.

Volgens Henry was die hek toe en die bakkie se stuurslot aan. “Ons vermoed die skelms het oor die muur geklim,” het Henry gesê.

Indien iemand die voertuig gewaar, kan hulle vir William: 079 822 8789 of Henry: 073 399 4850 skakel.

Back to top button