Kom vier die liefde met ‘Hart en Siel’ saam met Jennifer Zamudio

Jennifer is bekend vir treffers soos ‘Hart se loper’, ‘Hart en Siel’, ‘Liefdeshartaanval’, ‘Dalk’ en meer onlangs ‘Jy het my vergeet’ en ‘Weerkaats’.

Februarie is die Maand van Liefde ‒ Het jy al planne om jou geliefde te bederf?

Kom geniet ’n heerlike aandjie uit en vier die liefde met hart en siel in die geselskap van Jennifer Zamudio, die vrou met die ontwerperstem.

Jennifer is bekend vir treffers soos ‘Hart se loper’ ‘Hart en Siel’, ‘Liefdeshartaanval’, ‘Dalk’ en meer onlangs ‘Jy het my vergeet’ en ‘Weerkaats’

Dié bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse sangeres tree op Saterdag, 11 Februarie by die NG Kerk, Witbank-Suid gemeente (Trappieskerk) se kerksaal op. Die vertoning begin om 18:00 vir 18:30.

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R150 per persoon (R1 500 per tafel) of skakel 013 656 4362.

Vir enige navrae, skakel ds. Maans van Zyl: 082 784 0884.

Jy kan jou eie eet- en drinkgoed bring en net die aand geniet, want Jennifer gaan beslis jou voete onder jou uitslaan.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Exit mobile version