Juffrou Hannelie het diep spore ‘gehardloop’ by Laerskool Kragbron

Oud-leerders het dankie gesê vir die spore wat sy in hulle en ander leerders se lewens agterlaat het.

Laerskool Kragbron het met groot hartseer afskeid geneem van Juffrou Hannelie van Zyl, wat na 20 jaar van skoolhou by dié skool, afgetree het.

Oud-leerders het dankie gesê vir die spore wat sy in hulle en ander leerders se lewens agterlaat het en dat sy altyd die ekstra myl geggaan het vir haar leerders

Die skool se Facebook-blad is oorstroom met boodskappe aan dié gewilde onnie.

“Juffrou het die mooiste hart en was die beste landloopafrigter,” lees ’n boodskap van Drieka Janse van Rensburg. 

Juffrou Hannelie was self ’n kranige padhardloop-atleet wat aan menige padwedlope deelgeneem het.

Sy sal deur kollegas, ouers en leerders onthou word as ʼn nederige en opregte mens met ferm beginsels en ʼn passie vir haar leerders. 

Die skool wens Hannelie die mooiste jare toe as  pensionaris wat vir seker haar tyd gaan wy aan reis en besoeke aan die mooiste bestemmings.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Exit mobile version