Local newsNews

Nuwe Kraggies ontmoet hulle nuwe onderwysers

165 Graad R leerders gaan na die skool se graad een klas beweeg in 2023.

Laerskool Kragbron het leerders en ouers verwelkom na graad een. Leerders van die graad R klas beweeg nou aan na die ‘groot skool’.

Juffrou Melissa Jooste en Juffrou Christina Smit.

Om en by 165 graad R leerders was opgewonde om hul nuwe klasmaats en onderwysers te ontmoet vir 2023.

Die skoolhoof van Laerskool Kragbron, mnr. Gerhard Smit was ook daar om die nuwe kleuters te ontmoet.

Al die leerders het ʼn spesiale Kragbron-bederfpakkie ontvang.

Die kleuterskool het ook ʼn opedag gehad waar nuwe leerders wat in 2023 in Graad R gaan begin, met opwondendheid saam met hulle ouers die kleuterskool kon verken.

Juffrou Sané Snyman en Juffrou Ansie Farrell.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Back to top button