News

‘Sout & Saffraan’ begin reeds note saamstel vir 2023

Moet nie die kans misloop in 2023 vir ’n aand van intieme akoestiese musiek saam Sout & Saffraan nie.

Musiekliefhebbers van eMalahleni mag reeds bekend wees met ons eie musiekgroep, ‘Sout & Saffraan’.

Dié groep bestaan uit twee lede: Lillibet Steyn en Peter Venter.

Hul paaie het ongeveer ’n jaar gelede gekruis toe hy ingeskryf het om klavierlesse by haar te ontvang, en vandag word hulle meer en meer bekend vir die note wat hulle na die gemeenskap bring.

Lillibet en Peter nooi die gemeenskap voorlopig uit na hul twee konserte op 14 en 25 Februarie in 2023, by ‘The French House’ en ‘Anneli’s Tea Garden’ onderskeidelik.

‘Sout & Saffraan’ in aksie by hulle Kelderklanke-konsert in Augustus 2022: Lillibet Steyn en Peter Venter.

Die konserte gaan die atmosfeer vol maak met liefdevolle en intieme musiek note met akoestiese en ander instrumente van bekende liefdesliedere.

“Dié wat hou van rustige en mooi musiek, lekker kuier, samesyn en goeie kos is baie welkom. Die kaartjiepryse en verkope sal in Januarie open en bevestig word,” het Lillibet ten slotte gesê.

 

Vir meer inligting oor die konsert, besoek gerus hulle Facebook blad (SOUT & SAFFRAAN).

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

 

Back to top button