Blancheville hou kersdag vir gemeenskap

Kersvader kom kuier in Blancheville.

Die gemeenskap van Blancheville het almal lekker saam Kersdag gevier in die park in Albertstraat.

Pikkie Vos, Nadine Canada, Abigail Canada en Cassandra Canada.

Op 17 December het die gemeenskap die versierings opgehang en Kersvader se sitplek reggekry. Van die gemeenskapslede het die vorige dag geggaan en in die park gaan gras sny en opruim vir die vieringe.

Zelda Cronje, Kayden Cronje en Zayden Lennot.

Op die dag is geskenke aan die kinders oorhandig van Kersvader en eetgoed op die braai vir oud en jonk.

San-Mari Boshoff, Zelmarie van der Westhuizen, Nadine van Staden en Zelna Muller.

Daar was ook ʼn springkasteel en spookasem.

Tannie Bets le Roux (84).

Die gemeenskap het almal bygedra wat die dag vir seker ʼn spanpoging gemaak het.

Die organiseerders het seker gemaak dat die nat weer nie hulle gaan stop nie met ʼn kragopwekker en seile vir skuiling.

Oom Johnny le Roux (91).

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

Exit mobile version