Local newsNews

Geen verdagtes geïdentifiseer ná beweerde poging tot moord nie

Die voorval het na bewering op 14 Desember in Badustraat, Klarinet plaasgevind.

Oortreders kan om elke hoek en draai gevind word, en nou ook langs voertuie na ’n beweerde poging tot moord in Klarinet.

Die voorval het na bewering op 14 Desember in Badustraat, Klarinet plaasgevind toe ’n vrou saam een van haar werkgewers in sy kar by die werksplek se hek gewag het.

Hulle het blykbaar gewag vir die hek om oopgemaak te word toe hulle hoor hoe ’n ander werkgewer skree.

Sy het na bewering langs haar gekyk en die vermeende oortreder gesien staan met ’n

vuurwapen in die hand en haar geskiet. Geen verdagtes is al geïdentifiseer nie.

Die SAPD voorsien die volgende persoonlike veiligheidswenke: Wees ten alle tye bewus van misdaadgeleenthede.

Moet nooit alleen rondloop nie en moet nie met vreemdelinge praat nie.

Wees op die uitkyk vir vreemde motors of mense.

Stap in goedverligte, besige strate en in ’n groep, indien moontlik.

Laat weet altyd vir iemand waarheen jy gaan en hoe lank jy weg sal wees.

Maar dink twee keer voordat jy jou dreigende afwesigheid op sosiale media adverteer.

Misdadigers het ook toegang tot Facebook en Twitter.

Ken alle noodnommers. Vertrou jou instink.

Vermy om in ʼn besige straat in te gaan waar jy nie eers behoorlik kan loop nie, dit is waar jy misdadigers sal vind wat uit hul gate kruip en toeslaan.

Vermy die vertoon van waardevolle items waar misdadigers dit kan sien.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button