News

Rowers draai na bewering man ’n ‘mes’ voor die oë

Na bewering het die twee mans die slagoffer gedreig met ’n mes en sy sak, selfoon en ’n onbepaalde bedrag kontant geneem.

Desember het skaars begin toe rowers die geleentheid gesien het om hul Kersfeesbokse vol te maak toe hulle na bewering ’n man met ’n mes gedreig en beoof het in Klipfontein.

Die voorval het na bewering vroegoggend plaasgevind op 1 Desember toe ’n man alleen gestap het naby die voetbrug in Klipfontein en twee onbekende mans hom genader, gegryp en gedreig het. 

Na bewering het die twee mans die slagoffer gedreig met ’n mes en sy sak, selfoon en ’n onbepaalde bedrag kontant geneem.

Geen verdagtes is al geïdentifiseer nie.

Die polisie voorsien die volgende persoonlike veiligheidswenke: Wees misdaadbewus – wees ten alle tye bewus van misdaadgeleenthede.

Moet nooit alleen rondloop nie en moenie met vreemdelinge praat nie. Wees op die uitkyk vir vreemde motors of mense. Stap in goed verligte besige strate en in ʼn groep, indien moontlik. Maak seker dat jy al die noodnommers ken of dat hulle in ʼn toeganklike area vertoon word.

Laat weet altyd vir iemand waarheen jy gaan en hoe lank jy weg sal wees.

Maar dink twee keer voordat jy jou dreigende afwesigheid op sosiale media adverteer.

Misdadigers het ook toegang tot Facebook en Twitter.

Ken alle noodnommers. Vertrou jou instink. Vermy besige strate waar jy nie eers behoorlik kan loop nie, dit is waar jy sakkerollers sal vind.

Vermy die vertoon van waardevolle items waar misdadigers dit kan sien.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 

 
Back to top button