Local newsNews

Hannes Noëth spreker by Witbank Geloftefees

Mnr. Hannes Noëth, voorsitter van Helpende Hand is hierdie jaar die gasspreker tydens die Witbank Geloftefees.

Geloftefeeste word hierdie jaar weer volstoom aangebied. Verlede jaar was mense nog lugtig vir Covid-19 om groot byeenkomste by te woon. 

Daar is ʼn duidelike toename in Geloftefeesdienste en saamtrekke oor die afgelope paar jaar.

Witbank Geloftefeeskomitee het hierdie jaar mnr. Hannes Noëth, voorsitter van Helpende Hand as spreker genooi.  Die erediens sal op 16 Desember deur dominee Hannes Grobler waargeneem word.

Mnr. Leon Viviers.

Die feesgangers kan na afloop van die verrigtinge heerlike verversings geniet, onder andere heerlike boereworsrolletjies.

Witbank Geloftefeeskomitee wat die afgelope paar jaar van NG Vallei se terrein gebruik gemaak het, verskuif volgende jaar na NG Klipfontein se terrein.  

Ds. Grobler emeriteer einde Januarie 2023.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Leon Viviers, sekretaris Witbank Geloftefeeskomitee: 082 894 5755.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

 
Back to top button