Local newsNews

Dit gaan goed met jong man en polisievrou wat vanoggend in die ongeluk beseer is

Die man en die polisielid wat beseer is, is na Life Cosmos Hospitaal geneem.

Die jong man wat vanoggend in die botsing op die hoek van  Mandela- en Fransstraat beseer is, glimlag darem.

Hy is na Life Cosmos Hospitaal gehaas nadat hy uit sy bakkie bevry is wat op sy dak te lande gekom het toe hy in ’n botsing met ’n polisievoertuig betrokke was.

‘n Vriend van die man het gesê dit lyk of sy sleutelbeen gebreek is en hy nekbeserings opgedoen het.

’n Polisievrou het haar arm in die botsing gebreek.

Mnr. Piet van Vollenstee het vertel dat as hy sekondes vinniger gery het, die polisiebakkie hom sou getref het.

Hy was op pad na Riverview-winkelsentrum toe die  ongeluk voor hom gebeur het.

“Ek het gesien hoe die werkbakkie wou regs draai in Fransstraat en die polisiebakkie hom op sy kant tref. Die polisiebakkie het nie eers rem getrap nie,” het Van Vollenstee gesê.

Van Vollenstee het gestop, in die bakkie ingeklim en die venster met sy rug uitgedruk om die beseerde jong man  te help.

Polisiewoordvoerder, kaptein Eddie Hall het gesê die polisielede was op pad na ’n gewapende rooftog toe die botsing plaasgevind het.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button